top of page

Compilations | Bundels

Net 'n komma, nie 'n punt nie (Vol. 2)

Stuur nou jou getuienis.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons binnekort (2024) Volume 2 van ons Inspirasiebundels sal publiseer. Stuur jou ware verhaal nou in. Ons poog om skrywers so gou as moontlik te laat weet of hulle stories gekies is of nie. Skrywers mag meer as een storie instuur.

Sluitingsdatum:

Stories moet ingehandig wees teen 15 Januarie 2024.
Woordtelling: 300 tot 3 000 (min of meer)

Reëls en regulasies
* Audience of One Media (Pty) Ltd. behou die reg om stories te plaas of af te keur.

* Geen stories wat reeds in ander publikasies verskyn het, mag ingestuur word nie, tensy die skrywer toestemming het.

* Geen naamskending, vuil taal, ens., sal toegelaat word nie.

* Geen vergoeding word aan skrywers uitbetaal nie, maar skrywers kan boeke teen die groothandelprys bestel en teen handelsprys verkoop – die wins is joune! (Koerierkoste is nie ingesluit nie.)

Belangrike inligting en antwoorde op gereelde vrae:

Boek 2.png

Nie die finale buiteblad nie.

Net 'n komma, nie 'n punt nie - Volume 2 is ʼn bundel vol inspirasie-stories waarin mense ware verhale van “wonderwerke” wat met hulle gebeur het, deel – ʼn getuienis van iets spesifieks en wonderbaarliks wat God in hulle lewens gedoen het. Die doel is om ons hemelse Vader se naam te verheerlik en om mense hoop te gee en te inspireer om ʼn verhouding met Jesus te bou.

 

Laat weet asb. voor 30 November 2023 of jy jou storie gaan instuur. Dit moet ʼn ware verhaal wees wat tussen 300 en 3 000 woorde lank is en ons asseblief nie later as 15 Januarie 2024 bereik nie. Stuur asb. die verhaal in MS Word-formaat per e-pos. Gee jou verhaal 'n titel wat mense sal interesseer.

Sit asb. jou naam en van en ʼn kort persoonlike biografie by (net ʼn sin of twee) vir die “meer oor die skrywer” deel wat ons aan die einde van elke storie bysit. As jy wil, mag jy daar jou e-posadres bysit vir ingeval iemand jou oor jou getuienis wil kontak, anders kan hulle ons kontak en ons stuur die boodskap aan, dit is jou keuse. Van ons vorige skrywers was genooi vir radio-onderhoude.

 

Dit moet interessant wees, dit moet jou eie storie wees, of jy moet toestemming kry as dit iemand anders se ervaring is, maar dit mag nie iemand se karakter afbreek of negatiewe goed oor ander mense wees nie… veral nie hulle name noem nie. As dit wel iets te doen het met ʼn ander persoon, moet jy dit so verander (name/plekke/tyd/geslag) dat niemand daardie persoon sal kan herken nie, TENSY die persoon wel skriftelik toestemming gestuur het of wettiglik in ʼn hof aangekla en skuldig bevind is en dit publieke kennis is, slegs dan kan ʼn mens die ware inligting gebruik, maar ons verkies steeds om sulke inligting privaat te hou. 

 

Indien daar dus iets in jou lewe gebeur het, waar jy gedink het alles is verlore, maar op een of ander manier het dit wonderbaarlik uitgewerk, dan is dit ʼn getuienis van God se goedheid.

 

Ons kies dan die stories wat ons ervaar gepubliseer moet word en redigeer dit sodat daar geen spelfoute of taalfoute in is nie.

 

Elke skrywer wie se storie gekies is, kry dan die opsie om die boeke teen ʼn verlaagde prys (groothandelprys) aan te koop en kan dan die boeke aan vriende of familie verkoop teen die handelsprys (nie hoër nie) wat ons later sal deurgee – jy maak dus WINS deur jou boeke te verkoop. Jy is self verantwoordelik om enige sulke inkomste te verklaar. Ons dra al die redigering-, ontwerp-, en drukkostes, dus kos dit skrywers niks geld nie, behalwe vir die boeke wat jy aankoop soos hierbo genoem.

 

Die boek sal ook op ons webwerf te koop wees, indien jy nie self van die boeke wil verkoop nie, maar ongelukkig kan ons nie daardie wins elke keer aan al die skrywers betaal nie, dit is te veel administrasie vir 'n klein bedraggie! 

Kontak ons indien jy nog meer inligting verlang of stuur jou storie nou.

NetKommaNiePunt

Net 'n komma, nie 'n punt nie (Vol. 1)

Ontmoet al die skrywers en geniet die pragtige lied geskryf en gesing deur Jaco Vollgraaff.
 
Kyk die video... onthou om klank aan te sit!

KommaNiePunt_cover-Final24_LR.jpg
Audience of one logos_ssmall.png
bottom of page