Lees nou elektronies...

 

Dis ʼn gewone Woensdag in die Kaap. ʼn Wintersoggend, soos enige ander oggend in Elize du Plessis se gejaagde bestaan. Dan, tydens haar daaglikse gesprek met die Here, word haar voete onder haar uitgeslaan. Die warm teenwoordigheid en influistering van haar Vader se sagte stem sidder deur haar diepste wese, verander alles in ʼn oogwink: “Vandag is jou laaste dag, my geliefde dogter. Die feesmaal is voorberei.” Ademloos stol tyd en werklikheid vir Elize. Duisende vrae stortreën deur haar gemoed. Waarom nou? Het sy reg gehoor? Verstaan sy reg? Moet sy vandag gaan werk? Moet haar kinders skool toe gaan of moet sy hulle net heeldag styf vashou? Hoe sê sy vaarwel vir die liefde van haar lewe? Hoeveel tyd het sy oor en hoe en waar gaan alles eindig?

Wat doen sy met haar laaste dag, noudat sy glo haar tyd op aarde is verby?

Die Laaste Dag (eBook)

R80,00Price
  • Electronic - ePub file

  • Elaine Broekman

© 2021 by Audience of One Media

Proudly created with Wix.com - Stock images from Pixabay