top of page

Pierre Fourie

Diepe Waters
'n Outobiografie

Pierre Fourie deel sy lewensverhaal in hierdie uiters bindende outobiografie. Eerlik en sonder om enige doekies om te draai vertel hy van al die hartseer, maar ook die vreugde wat hy deur die jare ervaar het. Ons leer hom ken as seuntjie en stap saam met hom deur talle gebeurtenisse, lief en leed tot vandag, waar hy saam met sy vrou, Nicoline, in oorwinning staan. Elke lewensgebeurtenis wat hy met lesers deel word afgesluit met waardevolle lewenslesse en raad vir oorwinning oor uitdagings in jou eie lewe. 

 

Pierre bedien as 'n pastoor by Nuwe Lewe Familiekerk in Brackenfell. Pierre spreek graag groepe toe en enigiemand kan hom kontak om by 'n kerk of kleingroep te kom gesels en bedien. Skakel hom gerus om boeke te bestel of om met hom te gesels: 076 309 2174. 

"Dwarsdeur die boek was ek intens bewus daarvan dat hierdie 'n reis deur die lewe van 'n gewone man is. Iemand soos enige ander persoon. Sy storie maak egter saak en dis nodig om gehoor te word. Jy sal dink: as Pierre dit alles kon deurmaak en wees wie hy vandag is en doen wat hy vandag doen, kan ek ook my verlede en uitdagings oorkom."

Elze Radyn - Leraar, Nuwe Lewe Familiekerk

Come Away Ministries

Diepe Water_Cover_Outside_HR.jpg

"In die boek het Pierre 'n geheim met jou gedeel, dat Jesus 'n splinternuwe omwenteling in jou lewe kan bring. Harte word oopgebreek, kettings word losgebreek en seer wonde genees. Ieder en elk kan deur hierdie eerlike getuienis self ook genesing ontvang en ook in oorwinning lewe met die vaste vertroue dat God lewe. 
Hiermee word jy hartlik uitgenooi: ontdek die sleutel tot diepe vreugde en vryheid in Hom."
Zoe Grobler, 2020

Audience of one logos_ssmall.png
bottom of page