Rachel-Mari Ackermann
Wollie se Stories | Woolly's Stories
Nou beskikbaar! | Now Available!
Genre: Christian fiction - Afrikaans & English
Size: A5 landscape
Pages: 16 full-colour
Binding: Saddle stitched, paperback

Afrikaans:
Ons is baie opgewonde om die nuwe kinderboekreeks van sewe boekies bekend te stel.
Wollie se Stories is gebaseer op gelykenisse en verhale uit die Bybel waar skape as simbole gebruik word om ons verhouding met Jesus, ons Goeie Herder, uit te beeld. Die stories word vertel deur Wollie wat self ʼn skaapkarakter is en wat kinders meer leer oor Jesus wat ons Goeie Herder is. Hierdie eerste storie vorm deel van sewe stories wat die leser Bybelse waarhede leer deur stelselmatig die karakter van God en sy liefde vir ons te leer en dat Hy deur die eeue heen ʼn pad met die mens gestap het en dit nog steeds doen. Kom luister saam na Wollie se stories vir kinders van die ouderdom 3 tot 9.


Wollie se Stories. Storie Een: Waar's My Lammertjie



English: We are excited to present this seven-part children's book series.
Woolly’s Stories are based on parables and stories from the Bible where sheep are used as symbols to depict our relationship with Jesus, our Good Shepherd. The stories are told by Woolly who is also a sheep character and who teaches children more about Jesus who is our Good Shepherd. This first story forms part of seven stories that teach the reader biblical truths by systematically learning the character of God, his love for us, and that He has walked a path with man throughout the ages and is still doing so. Come and listen to Woolly’s stories for children aged 3 to 9.
The first story's e-book is available for free!
The rest of the series is R75 each.
Meer oor elke storie...
Storie Een: Waar's My Lammertjie?
In Waar's My Lammertjie? leer ons vir Wollie die storieverteller ken. Ons ontmoet vir Soekie, haar ma en Gawe Herder. Soekie raak weg toe 'n woeste storm opsteek. Sal iemand haar kom red? Soekie kry ook haar naam in hierdie boekie... en sy leer dat Gawe Herder elke skapie op sy naam ken en roep.
Storie Twee: Die Fluit, die Staf en die Stok
In Die Fluit, die Staf en die Stok vertel Wollie die storie waar Soekie leer hoe klink Gawe Herder se spesiale fluit, en dat sy mooi na sy fluit moet luister, anders kan sy dalk in die moeilikheid kom! Sy leer ook hoe Gawe Herder sy kudde beskerm en lei met sy stok en sy staf...
More about each story...
Story One: Where's My Little Lamb?
In Where's My Little Lamb? we get to know Woolly the storyteller. We meet Sookie, her mother and Kind Shepherd. Sookie gets lost when a fierce storm hits. Will someone come to save her? Sookie also gets her name in this book... and she learns that Kind Shepherd knows and calls each sheep by name.
Story Two: The Whistle, the Staff, and the Rod
In The Whistle, the Staff, and the Rod Woolly tells the story of where Sookie learns what Kind Shepherd's special whistle sounds like, and that she must listen carefully to his whistle, otherwise she might get into trouble! She also learns how Kind Shepherd protects and leads his flock with his rod and his staff...

Rachel-Mari Ackermann is gelukkig getroud met Quentin Ackermann en bly in Pretoria. Sy glo dat God die Vader haar ʼn passie gegee het om as ʼn instrument in sy hand die Goeie Boodskap van Jesus Christus (Yeshua Hamashiach in Hebreeus) aan die kinders van die nasies te verkondig. Hierdie boek is ook in Engels beskikbaar.
Rachel-Mari Ackermann is happily married to Quentin Ackermann and lives in Pretoria. She believes that God the Father has given her a passion to preach the Good News of Jesus Christ (Yeshua Hamashiach in Hebrew) to the children of the nations as an instrument in his hand. This book is also available in Afrikaans.
Koste: R90 (aflewering uitgesluit) Cost: R90 (excluding delivery)
