Alwine Fölscher
Poësieterapie
Gedigte vir die rouproses
Binnekort beskikbaar...
Genre: Non-fiction, poetry.
Pages: 164
Format: Paperback
Hierdie pragtige digbundel bevat 149 gedigte wat die digter een vir een deur haar rouproses gehelp het nadat sy haar geliefde man aan die dood afgestaan het. As mamma van twee jong tienerdogters was sy afhanklik van haar man en moes skielik die lewe as alleen-ouer aandurf.
Sy vra vrae, sy rebelleer, sy koester herinneringe en sy treur, en tog kom haar skerp sin vir humor ook so nou en dan deur.
Sonder haar Here sou dit onmoontlik gewees het, maar sy het elke dag een voet voor die ander gesit. Meestal vorentoe, maar soms agteruit en dan weer voorwaarts neem die herstelpad hierdie pragtige jong weduwee.
Die gedigte lees amper soos 'n verhaal en lig sekere gebeure in die proses uit, van die eerste spinnekop wat die drie vroulike lede van die huisgesin self moes verjaag en motorprobleme, tot die alleen sit in die kerk. Die deurbraak kom egter wanneer sy weer haar Pappa God se hart vir haar ontdek.

Selfs al het jy nog nie jou gade verloor nie, sal hierdie bundel jou diep aanraak.
Dit laat 'n mens weer met vars oë na jou eie lewe en geliefdes kyk... met nuwe waardering en dankbaarheid.
Buitebladkunswerk deur Rachel-Mari Ackermann van Creatio Media

Alwine is die mamma van twee (ouer) tienerdogters, Zoé en Kesia, en met die genade van die Here onlangs getroud met die tweede liefde van haar lewe.
Koste R200 (koerier uitgesluit).
Druk op die speelknoppie en dan regs onder om die volle beeld te sien.

