top of page

Susan Koen

Laat die Lig binne
'n Geloofsreis na 'n lewe in die Lig

Nou beskikbaar...

Genre: Non-fiction, memoir.

Pages: 448

Format: Paperback

​

Om die Lig binne te laat, is presies wat ons Vader se wil vir ons is. Om Hom toe te laat om in te kom en ons van binne na buite – gees, siel en liggaam – te kom verlig. Soos om stowwerige, donker blindings van ’n vervalle huis oop te trek en van hoek tot kant te verfris en verfraai. Om skoon te maak. Heel te maak. Nuut te maak. Gesond te maak in al die dimensies. Om ’n diep en innige persoonlike verhouding met Hom aan te knoop… ’n liefdesverhouding wat baie meer betekenisvol is as wat blote godsdiens ooit kan wees.

SUSAN KOEN deel met rou eerlikheid haar geloofsverhaal asook wat sy gedurende hierdie geestelike reis wys geword het. Haar voorbeeldige en godsdienstige lewe, reeds van jongs af, het haar onvervuld gelaat en haar onbewustelik na méér laat smag… totdat sy ’n vervullende, diep en intieme verhouding met ’n persoonlike God ontdek het. Só het sy begin om Hom toe te laat om kamer vir kamer die duisternis in haar “huis” met sy Lig te kom oorwin.

2 Korintiërs 4:6 ~ God het gesê: “Laat daar lig skyn uit die duisternis.” So het Hy ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.

Laat die Lig Binne_Front Cover.jpg
Screenshot 2024-02-14 112740.png

Susan Koen (née De Kock) geniet dit om in God se Koninkryk diensbaar te wees ná ’n loopbaan in die onderwys. Haar passie is om mense te help om die God agter godsdiens intiem te leer ken. Sy is oorspronklik van Vredendal en woon tans saam met haar man, Julius, in Kimberley. Hulle is die trotse ouers van vier volwasse kinders (twee van hul eie en ’n skoonseun en -dogter) en ’n kleinkind. 

Laai "Healing Begins with the Sanctification of the Heart" van Dr. M.K. Strydom hier af (gratis):

Hierdie dokument mag gratis afgelaai en aan ander gestuur word, maar mag nie verkoop word nie.

Audience of one logos_ssmall.png
bottom of page