top of page

Welmarié Janse van Vuuren

Fanie die skaap vind sy pad

Nou beskikbaar!

Genre: Christian fiction - Afrikaans

Size: 25 x 20 cm landscape

Pages: 28 full colour

Binding: Paperback, PUR binding

Hierdie oulike Afrikaanse kinderboek is ideaal vir die komende Paasfees. Jy kan nou jou kopie bestel.

​

Fanie die skaap bly in die Wilde Woeste Woud waar hy vuil is en maklik kan verdwaal. Dit is ál wat hy ken, maar ʼn nuwe wêreld gaan vir hom oop die dag toe hy vir Vlolina die Vlinder ontmoet…
ʼn Afrikaanse kinderboek wat deur die verhaal van Fanie die Skaap dít wat Jesus Christus vir ons kom doen het, op ʼn eenvoudige manier aan kinders verduidelik.

Welmarie Foto.png

Welmarié Janse van Vuuren is 'n kunstenaar, skrywer en  storieliefhebber van Stellenbosch. Sy is getroud met Lukas en hulle het twee kinders, Janke en Mia.

Besoek gerus haar webwerf hier.

Koste: R220 (aflewering uitgesluit)

Hoekom is kinderboeke so duur? 

Die waarheid is dat dit so duur is om te produseer. Die drukwerk is baie duur vir volkleur boeke, die papier is lekker dik ook, asook die ander kostes verbonde aan aanlynverkope, maak dat hierdie boek nie teen minder as hierdie prys verkoop kan word nie.

 

Nou waarom dan steeds publiseer? Kinderboeke is belangrik. Veral as dit kinders meer van ons Verlosser kan leer op 'n prettige manier. Daar is min dinge so spesiaal soos 'n kind op jou skoot wat saam met jou deur die pragtige boek blaai en die storie geniet.

​

Wat kan ek doen om die skrywer se wins te vermeerder?

  1. Kies die opsie om self die boekie by haar of by ons kantoor te kom afhaal - kies dus die "Collect" -opsie by "delivery" wanneer u die transaksie voltooi, dan hoef sy nie die koerierkoste te subsidieer nie (sy betaal R40, waar u R59 van die koerier se koste betaal).

  2. Betaal via EFT - kies "pay offline" wanneer u die transaksie voltooi - want dan hoef sy nie die kaartfooi te betaal nie. Stuur dan bewys van betaling... al die inligting sal op die faktuur verskaf word.

  3. Koop nog ander boeke in ons aanlyn winkel, dan word die koerierfooi tussen die skrywers gedeel, dan is die koste laer.

  4. Koop die boek direk by Welmarié en betaal self vir die aflewering van die boek (indien nodig). U kan haar hier kontak.

​

Baie dankie vir u ondersteuning!

Audience of one logos_ssmall.png
bottom of page