top of page

Roelf Craig

Nuwe dagstukboekreeks

"Yeshua is die Woord"

Yeshua is die Woord Reeks Logo
Yeshua Genesis

Yeshua in die Begin
Genesis

Nou beskikbaar!

 

Genre: Niefiksie, dagstukboek

Pages: 512

Formaat: Sagteband

Genesis beteken 'in die begin'. Ons weet dat “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God…” (Joh. 1:1).

Yeshua in die Begin is die eerste dagstukboek in die reeks, "Yeshua is die Woord", wat lesers op ʼn reis deur die Bybel neem en die goue draad van die rol van Yeshua as Verlosser en Bruidegom deurgaans uitlig. Die doel is dat elkeen kan verstaan wat die kragtige simboliese verbintenisse tussen die Ou en Nuwe Testament is, dat Abba Vader ʼn Vader van verbond is, en hoe al die verhale soos ʼn legkaart inmekaarpas.

Ingedeel volgens die daaglikse gedeeltes of “parashahs” soos die Messiaanse Jode jaarliks die hele Bybel deurlees, verduidelik Roelf Craig die misterie van hierdie liefdesverhaal van ʼn Bruidegom wat sy bruid wil red en huis toe neem. Deurgaans word praktiese, alledaagse toepassings van die Woord uitgelig en lesers word uitgedaag om die toestand van hul harte te ondersoek om ʼn dieper, lewende verhouding met die Vader te bou en om deur die leiding van die Heilige Gees sy wil uit te leef.

Die simboliek van sleutelwoorde word verduidelik deur te kyk na hul oorspronklike Hebreeuse betekenisse. Elke Hebreeuse letter word verder ook gekoppel aan ʼn getal en piktogram (prentjie) wat elke woord dus soveel ryker en dieper maak. Byvoorbeeld, die individuele letters van “In die begin” se Hebreeuse term, Bereshit, se saamgevoegde simboliese betekenisse kan soos volg geïnterpreteer word:

“Elohim sal ʼn huis skep deur verbond, Hy sal sy Seun as hoof van die huis aanstel. Hy sal Hom al die mag en al die outoriteit gee. Hy sal ʼn leermeester en ʼn verterende vuur wees. Hy sal die hand van God wees en sy teken sal ʼn kruis wees.” 

Die eerste woord bevat dus die omvang van die hele Bybel! Sy Woord is inderdaad so soet soos heuning.

Genesis Book Roelf Craig
Roelf Craig Author Pastor

Roelf Craig is die leraar van Houtkruis Aleph Tav Bediening in Pretoria.

Vind meer uit oor Houtkruis Bediening

Koste: R386 (aflewering uitgesluit)

Genesis Book Roelf Craig
Yeshua Eksodus

Yeshua red ons uit Slawerny
Eksodus

Binnekort beskikbaar!

 

Genre: Niefiksie, dagstukboek

Pages: 560

Formaat: Sagteband

Yeshua is die begin en die einde, en alles draai om Hom! In Openbaring 1:8, 1:17 en 22:13 sê Yeshua Hy is die Alfa en Omega, die eerste en die laaste, die begin en die einde. In Hebreeus is dit die Aleph en Tâv, wat beteken die Een wat almagtig begin, liefdevol lei, en volmaak voltooi – deur die kruis, in die verbond, tot die finale heerlikheid. Hy is die Koning van die Heelal, die Lam van God, die Verbond wat vir ewig standhou.


In hierdie boek, Yeshua red ons uit Slawerny – Eksodus, sien ons hoe alles na Yeshua wys: Hy kom red ons uit die slawerny van sonde deur die bloed van die Lam. Hy het ons vrygespreek om in verbond saam met Hom te wandel, en deel te wees van die droom wat Hy nog altyd vir ons gehad het. Ons Koning het sy Koninkryk verlaat (die hemel) en mens geword om my en jou te kom red van dít wat ons bind. 


Yeshua het ons so lief dat Hy sy lewe gegee het om ons vry te koop van alles wat ons in slawerny hou. Net soos Abba Vader die kinders van Israel uit Egipte, hulle plek van slawerny, gelei het, so wil Hy jou uit jou eie “Egipte” lei – alles wat jou bind – na die droom wat Hy vir jou het. Die vraag is: Sal jy Hom toelaat?
.

Yeshua red ons uit Slawerny - Eksodus
Roelf Craig Author Pastor

Roelf Craig is die leraar van Houtkruis Aleph Tav Bediening in Pretoria.

Vind meer uit oor Houtkruis Bediening

Koste: R395 (aflewering uitgesluit)

Eksodus voor en agterblad
Audience of One Media Logo

© 2025 by Audience of One Media

Address: 17 Swarthout St, Vredekloof, Brackenfell, WC, South Africa

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page