Maryna Knoetze
Laat die kindertjies wat duimsuig ook na My toe kom
Nou beskikbaar!
Genre: Christian fiction - Afrikaans
Size: A5 landscape
Pages: 52, full colour
Ons bied met trots ons eerste kinderboek aan!
Jesus kom leer vir Hanno en sy boetie, Leon, dat NIKS hulle van sy liefde kan skei nie – nie eens ongehoorsaamheid nie.
Dit is vir ʼn aardse ouer seker dié moeilikste karaktertrek van God om deurlopend uit te leef.



Hy leer hulle dat liefde nie ʼn aan- en afsitknoppie soos ʼn lig het nie, en dat daar ʼn spesiale plek in elke mens se binnekant is waar jy Hom enige tyd kan ontmoet.
Verder leer Jesus vir Hanno hoe om ontslae te raak van ʼn slegte gewoonte waaroor hy gereeld raas kry.
“Here Jesus, as U heeltyd by my is, weet U mos van al my ongehoorsaamheid?”
“Ja, Hanno, Ek weet dat jy hard probeer om soet te wees, maar dit dikwels nie regkry nie.”
“En U los my nie alleen of hou nie op om my lief te hê daaroor nie?”
“Nooit nie, Hanno, want Ek HET jou nie net lief nie. Ek IS liefde.”
Laat ons kindertjies ook na Jesus kom deur Hom dáár te ontmoet waar Hy in sy heilige plek binne-in die kern van elke mens woon. Die plek waarna ons, by gebrek aan ʼn beter term, verwys as ʼn mens se ‘hart’. Die middelpunt van wie jy is. Jou gees. Die plek waar daardie deel van God gesetel is wat Hy vir Homself uitgekies het.

Maryna Knoetze woon tans op 'n plaas, Moutonsput, naby Noenieput en is getroud met Leon. Hulle het twee dogters en ʼn seun, en drie kleinseuns wat in Duitsland woon. Maryna is ʼn taalonderwyseres wat in Stellenbosch studeer het, en het ʼn Honneursgraad in Bybelkunde.
Koste: R199 (aflewering uitgesluit)

Kathleen & Olivia de Beer is 'n moeder-dogter-span wat saam illustreer. Kathleen is getroud met Hennus en hulle woon op 'n plaas naby Kakamas.
In iemand anders se skoene
Twee stories oor medelye
Nou beskikbaar!
Genre: Christian fiction - Afrikaans
Size: A5 portrait
Pages: 64
In Julle het dit aan My ook gedoen, maak die twee boeties, Hennie en Len, by die skool kennis met Simon, wat ʼn diabeet is. Omdat hulle weet dat ʼn mens ʼn gawe maatjie moet wéés as jy ʼn gawe maatjie wil hê, besluit hulle om vir ʼn hele week lank alle lekkernye uit te sny sodat hulle kan voel hoe dit voel om in ʼn diabeet se skoene te staan.
Sonder dat hulle dit weet, word húlle die dubbele antwoord op Simon se gebede.
In Die warmhartige Samaritaan is Hennie die ooggetuie wanneer ʼn tannie in die straat val en haar inkopies die pad vol rol sonder dat iemand haar help. Wanneer Pappa vir hulle die storie van die barmhartige Samaritaan lees, besef Hennie dat hy hom net soos die priester en die Leviet gedra het. Hy leer só wat dit eintlik beteken om jou naaste lief te hê soos jouself en besef wat hý graag sou wou gehad het as hý in die tannie se skoene gestaan het.
Koste: R170 (aflewering uitgesluit)

Druk op die speelknoppie en dan regs onder om die volle beeld te sien.


