top of page

Elaine Broekman

Die Laaste Dag

Toe ek my eerste boek in April 2018 bekend gestel het, het die ys gekraak. Ek het geweet my lewe het onherroeplik verander. Ek was verslaaf... aan boeke!

 

In hierdie Afrikaanse novelle het God my op 'n sielsoekende reis geneem van "wat as". Nie net het die hoofkarakter die vraag gevra "Wat as my lewe vandag eindig?" nie, maar sy moes ook die vraag vra: "Wat as my lewe nie vandag eindig nie?"

Ek is gedwing om my eie karakter se vrae te beantwoord. Ek het nie van die antwoorde gehou nie. Daarna het dit my ses maande geneem om die moeilikste besluit van my lewe te neem: Ek gaan die goue boeie breek, my gemaklike korporatiewe werk bedank en my droom met gretigheid en vasberadenheid volg, en natuurlik met God se genade en barmhartigheid.

Mag Die Laaste Dag ook jou lewe verander as jy die vraag vra: Wat as vandag my laaste dag is?

Lees hoofstuk 1 sommer nou...

Laaste Dag_Cover_MedRes.jpg

Wow! Ek is sopas klaar met jou boek, dit was amazing! Ek lees eintlik min, so om dit in n paar dae klaar te gelees het se baie 😄 kon dit nie neersit nie. Ek love die gesprekke met Jesus want Sy stem klink so bekend... die boek is baie challenging, dit laat mens die heeltyd selfondersoek instel en om jou lewe te prioritiseer. Storielyn en skryfstyl is aangrypend en regtig baie goed gewees. Well done! Sien uit om volgende boeke van jou te lees. Ek gaan dit verseker promote vir vriendinne, weet dit sal hul ook bless, waar is dit beskikbaar?

Weereens well done met die boek 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻 dit gaan verseker mense nader aan God en Sy wil vir hul lewe bring. ❤

Justine Pike, outeur van Leeg, pastoor - Die Bron Gemeente

FB Messages.png
Audience of one logos_ssmall.png
bottom of page