Pierre Fourie

NOU BESKIKBAAR! 

DIEPE WATERS

Pierre Fourie deel sy lewensverhaal in hierdie uiters bindende outobiografie. Eerlik en sonder om enige doekies om te draai vertel hy van al die hartseer, maar ook die vreugde wat hy deur die jare ervaar het. Ons leer hom ken as seuntjie en stap saam met hom deur talle gebeurtenisse, lief en leed tot vandag, waar hy saam met sy vrou, Nicoline, in oorwinning staan. Pierre bedien as 'n pastoor by Nuwe Lewe Familiekerk in Brackenfell. 

"Dwarsdeur die boek was ek intens bewus daarvan dat hierdie ʼn reis deur die lewe van ʼn gewone man is. Iemand soos enige ander persoon. Sy storie maak egter saak en dis nodig om gehoor te word. Jy sal dink: as Pierre dit alles kon deurmaak en wees wie hy vandag is en doen wat hy vandag doen, kan ek ook my verlede en uitdagings oorkom."

Elze Radyn - Leraar, Nuwe Lewe Familiekerk

Come Away Ministries

"In die boek het Pierre ʼn geheim met jou gedeel, dat Jesus ʼn splinternuwe omwenteling in jou lewe kan bring. Harte word oopgebreek, kettings word losgebreek en seer wonde genees. Ieder en elk kan deur hierdie eerlike getuienis self ook genesing ontvang en ook in oorwinning lewe met die vaste vertroue dat God lewe. 
Hiermee word jy hartlik uitgenooi: ontdek die sleutel tot diepe vreugde en vryheid in Hom."

Zoe Grobler, 2020

© 2019 by Audience of One Media

Proudly created with Wix.com - Images from Pixabay