top of page

Engela Nortjé

Boesmanland se Dogter
Die lewensverhaal van Engela Nortjé

Binnekort beskikbaar...

Genre: Outobiografie.

Pages: 378

Format: Paperback

Engela Bruwer Nortjé het nooit in haar lewe dagboek gehou nie. Haar boek is geskryf namate sy die staaltjies kon onthou wat haar ma, Nettie, haar jare later vertel het, gewoonlik wanneer die twee van hulle so onder die skadu van ʼn groot kareeboom gesit het. Dit sluit ook ander gebeure in wat sy self beleef en onthou het, soos haar groot liefde vir Dries en hulle lewe saam. Sy het een na die ander hardebandnotaboek volgeskryf, wat dan getrou deur haar skoondogter Heloïse saamgevat en oorgetik is. Hierdie staaltjies beskryf die plaaslewe, gebruike en kosbare geskiedenis van die laat 1930s tot 2023 deur die oë van ʼn “gewone” maar merkwaardige vrou, wat haar Here God altyd bo alles stel en aan haar geloof vasklou, deur dik en dun.
“Almal sê altyd ek vertel sulke lekker stories. Ek wil egter dít wat ek as Boesmanland-kind op my lewenspad beleef het aan my kinders en kleinkinders oordra; só het ek dit alles probeer onthou en neergepen. As ʼn Boesmanland-kind voel ek werklik trots daarop. Ek is lief vir hierdie warm, droë landstreek van ons. Hier is iets wat my as kind vasgehou het, waarlik gekoester het. Ek erken ek het die Boesmanland lief, hier waar die Here dit gewil het dat ek gebore moes word. Ek, met my ouers, vier broers en my laatlamsuster.”

Boesmanland se Dogter Engela Nortje
Ouma Engela Nortje

Engela Nortjé is die vrou van wyle Dries, ma van drie seuns, ouma van vier en tans oumagrootjie van vyf. Na al haar omswerwinge bly die Boesmanland haar groot liefde.

Koste R290 (koerier uitgesluit).

Boesmanland se Dogter Buiteblad
Audience of One Media Logo

© 2025 by Audience of One Media

Address: 17 Swarthout St, Vredekloof, Brackenfell, WC, South Africa

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page