Billy Paulson
Môre Sal Die Son Weer Skyn
365 Dagstukkies van hoop
Binnekort beskikbaar!
Genre: Nie-fiksie; dagstukkies.
Bladsye: 378
Formaat: Sagteband
Môre Sal Die Son Weer Skyn is gebore uit ’n seisoen van intense pyn, verlies en toetsing. In daardie donker dae het ek dikwels gevoel soos Job – alles rondom my het geskud: my geloof, my emosies, my finansies, my verhoudings. Ek het in ’n diep gat afgegly. Maar toe alles en almal stil raak, het een lied in my binneste bly sing: “Môre Sal Die Son Weer Skyn.” Dit is ’n lied wat ek jare gelede geskryf het, sonder om te weet dat ek eendag daaraan sou vasklou soos aan ’n reddingsboei.

Hierdie 365 dagstukkies is nie net gedagtes van hoop nie. Hulle is getuienisse, waarhede en flenters lig wat ek opgetel het langs die pad van rou, pyn en uiteindelik… vrede. Ek nooi jou uit om saam met my deur hierdie jaar van hoop te stap – dag vir dag – met dié wete dat selfs al voel dit asof die nag nooit 'n einde kry nie: Môre sál die son weer skyn.

Billy Paulson is getroud met Maureen. Hulle het vier kinders en woon tans in Port Elizabeth, waar hulle steeds aktief betrokke is in die gemeenskap, musiek en verskeie projekte wat ander se lewens verryk.
Billy is beskikbaar om gehore toe te spreek en kan hier direk gekontak word.
Besoek gerus sy webwerf hier.
Koste R325 (koerier uitgesluit).
(Aflewering einde Januarie 2026)

