top of page

Chantell van Zyl

Met Hoop Lei Ons
'n Ouerskapreis deur Psalm 23

Binnekort beskikbaar!

Genre: Nie-fiksie; dagstukkies.

Bladsye: 72

Formaat: Sagteband Joernaal

Ouerskap is een van die mooiste gawes wat God aan ons gee, maar dit is ook een van die grootste verantwoordelikhede.

Met Hoop Lei Ons is gebore uit die begeerte om ander ouers te bemoedig om hul kinders met liefde, genade en hoop groot te maak. Nie vanuit perfeksie nie, maar vanuit geloof. Nie vanuit vrees nie, maar vanuit vertroue in God.


Met eerlike gedagtes, Bybelse waarheid en praktiese bemoediging herinner hierdie boek ons daaraan dat ons nie al die antwoorde hoef te hê nie, omdat God getrou is om ons deur elke seisoen van ouerskap te lei.


Wanneer ons nie al die antwoorde het nie, kan ons steeds met vertroue vorentoe stap.


Want waar die Herder lei, volg hoop altyd.
 

Hierdie veertien-dag joernaal sal ouers help om diep introspeksie te doen, hul diepste gedagtes neer te pen en weer hoop te vind. Dit sal hulle bemoedig op een van die belangrikste reise van enige persoon se lewe - die een van ouerskap. 

Chantell van Zyl woon in Groblersdal saam met haar man, Kobus, en hul twee kinders, Chanté en Schalk. As mamma en geloofsreisiger deel sy graag boodskappe van hoop, genade en geloof. Psalm 23 was van kleins af haar anker van hoop en is vandag steeds die kompas wat haar deur die seisoene van lewe, geloof en ouerskap lei.

Chantell kan hier direk gekontak word.

Koste R160 (koerier uitgesluit). Ook direk by die skrywer beskikbaar!

© 2026 by Audience of One Media

Address: 17 Swarthout St, Vredekloof, Brackenfell, WC, South Africa

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page