top of page

Adagio - Volg die Herder op 'n stadige pas deur 90 oordenkings

Adagio is ʼn term vir musiek wat op ʼn stadige pas gespeel word. Hierdie boek is dus soos ʼn reis op ʼn stadige pas. Soos ʼn skaap wat in ʼn groen weiveld wei, al wandelende agter die Herder aan. Dit is ʼn reisgids vir mense wat soekend is na ʼn dieper verhouding met die Here. Hy wat Homself nie net as die Herder nie, maar ook as die Lig, die Lewe en die Liefde voorgestel het. Adagio nooi jou uit om aktief deel te neem en self dieper te delf in ʼn studie oor lig, lewe en liefde soos dit vir ons in die Bybel oopgebreek word. As die woorde van Dawid in Psalm 63:2-4 (AFR20) in jou hart weerklank vind, is dié boek vir jou: 

God, U is my God, na U soek ek; my siel dors na U, my liggaam smag na U in ʼn droë, uitgeputte land sonder water. So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar, want u troue liefde is beter as die lewe.

Die boek daag die leser uit tot ʼn verdieping in sy liefdesverhouding met die Skeppergod wat mensekinders vir Homself gemaak het. Só word die geleentheid tot selfstudie en selfondersoek geskep om Christus se liefde en teenwoordigheid in te drink. Adagio is ʼn opvolgboek van Susan Koen se eerste boek Laat die Lig binne (ook in Engels beskikbaar).

Adagio

No reviews
R 330,00Price
Quantity
Expected to ship mid-November 2026.
  • Genre

    Christian non-fiction, Daily devotional

  • Author

    Susan Koen

  • Format and no. of pages

    Paperback, 240 pages

  • ISBN (Printed book)

    978-1-0483-3414-2

No Reviews YetShare your thoughts. Be the first to leave a review.

© 2026 by Audience of One Media

Address: 8 Blue Crane St, De Wingerd,
Durbanville, WC, South Africa, 7550

Contact: +27 83 290 8863

Proudly created with Wix.com 

Most stock images from Pixabay & Freepik

bottom of page