In KAALVOETSPORE neem Marina Olivier ons op 'n reis deur die vrug van die Gees, soos sy dit in haar alledaagse lewe as sendeling in Thailand, asook as ma, ouma, vrou en vriendin uitleef. Deur middel van verwysing na naamlose vroue in die Bybel, woorde vanuit naamlose vroue se harte en talle anonieme vrae gevra in Frontida Outreach se bediening , maak sy die vrug van die Gees lewendig en toepaslik  vir elkeen  wat hierdie lewe kaalvoet saam met Jesus aandurf.

Mag hierdie boek jou gees verfris en jou weer bewus maak van dit wat belangrik in die lewe is.

 

"Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg." 1 Pet. 2:21 (AFR83)

 

Marina Olivier het drie kinders en is die trotse ouma van drie kleinseuns. Saam met haar geliefde man, Andre, voer Marina tans 'n sendelingsbestaan in Thailand.

Kaalvoetspore

R190,00Price
  • Paperback (soft touch lamination), 270 pages