Môre Sal Die Son Weer Skyn is gebore uit ’n seisoen van intense pyn, verlies en toetsing. In daardie donker dae het ek dikwels gevoel soos Job – alles rondom my het geskud: my geloof, my emosies, my finansies, my verhoudings. Ek het in ’n diep gat afgegly. Maar toe alles en almal stil raak, het een lied in my binneste bly sing: “Môre Sal Die Son Weer Skyn.” Dit is ’n lied wat ek jare gelede geskryf het, sonder om te weet dat ek eendag daaraan sou vasklou soos aan ’n reddingsboei.
Hierdie 365 dagstukkies is nie net gedagtes van hoop nie. Hulle is getuienisse, waarhede en flenters lig wat ek opgetel het langs die pad van rou, pyn en uiteindelik… vrede. Ek nooi jou uit om saam met my deur hierdie jaar van hoop te stap – dag vir dag – met dié wete dat selfs al voel dit asof die nag nooit 'n einde kry nie: Môre sál die son weer skyn.
Môre Sal Die Son Weer Skyn
Format and No. of pages
Paperback, 380 pages
ISBN (Printed book)
978-1-0492-4244-6
Author
Billy Paulson
Genre
Christian Devotional, non-fiction, Afrikaans

