top of page

Sionsbruid Omnibus ~ Sionsdogter | Sionsvrou | Sionsbruid

 

Sionsbruid vertel die ware verhaal van Roxanne Hogan, jongste van agt, wie se lewe vanuit die staanspoor stormagtig en vol uitdagings is. Ons leer haar ken waar sy as driejarige met asma diagnoseer word, ʼn familiesiekte wat vele van haar voorsate geëis het. Die asemnood slaan telkens toe wanneer sy angstig raak onder die geweld van ʼn humeurige pa wat homself aan drank en vroue vergryp. Haar ma is haar toevlug, ʼn sterk vrou wat haar altyd wend na die Een wat alles weet.

Lewenslustig, astrant, vol planne en waagmoed, is Roxy ʼn karakter wat diep in jou hart sal kruip. ʼn Mens staan verdwaas dat soveel dinge met een persoon kan gebeur! Ons ervaar elke seisoen van die lewe saam met Roxanne. Haar storie neem ʼn wending wanneer sy met ʼn “man van God” trou, maar, soos haar pa en broers, ʼn verwronge beeld van mans aan haar bekendstel. Haar oortuiging dat alle mans dieselfde is, vorm haar wêreld, een waar die sondes van die vaders aan die kinders toegereken word en waar die God van die Bybel met hel, swael en vuur oor die aarde heers.

 

Dan, wanneer haar wêreld inmekaartuimel, ontmoet sy Hom in persoon – Jesus, die perfekte Man van die Bybel, met sy septer na haar toe uitgereik. Sy salwing op haar lewe onderrig haar en op eg hardekwas Roxanne manier, vat sy die bose magte in haar en haar familie se lewens trompop aan. Haar geestelike soektog na die waarheid wat werklik vrymaak verloop parallel met verbysterende ontdekkings wat haar brose hart herhaaldelik breek.

 

Sal sy kan leer om die man van haar hart onvoorwaardelik lief te hê, hom te eer en aan haar Vader toevertrou, ongeag een groot uitdaging? Sal sy haar ware identiteit as Jesus se bruid aanneem?

Hierdie boek is soms humoristies en soms ontstellend, maar geestelik lewensveranderend; ʼn boodskap vir die bruid van Christus.

Hierdie boek is nie vir kinders of sensitiewe lesers geskik nie.

Sionsbruid omnibus

Rating is 5.0 out of five stars based on 1 review
R 320,00Price
Quantity
  • Format and No. of pages

    Paperback, 476 pages

  • Genre

    Autobiographic novel 

  • Author

    Hezia Tsiýon

  • ISBN (Printed book)

    978-1-0370-0971-6

Reviews

Rated 5 out of 5 stars.
Based on 1 review
1 review
  • CharleneMay 27
    Rated 5 out of 5 stars.
    N "rollercoaster ride" wat jou lewe sal verander!

    Ons het hierdie boek as n leesgroep van n klompie vrouens saam deurgewerk. Wat n belewenis. Ons het saam gelag en saam gehuil en soms ook baie vies geword. Hierdie boek is oop en eerlik en mens kan baie hieruit leer. Leer van seer wonde maar ook leer van genesing en bevryding, van nuut word en nuut leef. Dit is n baie klipperige pad om saam Roxanne te stap en van ons het so saam met haar gevoel as haar wonde ook ons wonde ontbloot het... maar ons kon ook saam haar juig oor elke deurbraak en oorwinning. Beslis n boek wat ons as n hele groep sou aanbeveel. Dankie vir hierdie awesome boek!

    Was this helpful?
    Audience of One Media
    May 27

    Baie dankie vir die terugvoer! Dit word opreg waardeer.

  • © 2026 by Audience of One Media

    Address: 8 Blue Crane St, De Wingerd,
    Durbanville, WC, South Africa, 7550

    Contact: +27 83 290 8863

    Proudly created with Wix.com 

    Most stock images from Pixabay & Freepik

    bottom of page